CANSA

Geen-Tabakdag - Moorreesburg

Posted 13 June 2012

Op die KANSA Gesondheidskalender is die fokus in Mei-maand op die Geen-Tabak veldtog en vier ons ook op 31 Mei Internasionale Geen-Tabakdag.  Vanjaar het ons op 31 Mei die inisiatief geneem en in Moorreesburg 'n bewusmakingsveldtog by die Spar aangebied.

Plakkers ter viering van Wêreld Geen-Tabakdag is verkoop en ons het almal uitgedaag om vir daardie dag glad nie te rook nie. Die 'smokelyzer' - wat gebruik word om koolstofmonoksiedvlakke in die longe te meet (sien foto's hiernaas) - is aangewend en verskeie persone wat getoets is het besluit om op te hou rook. Van hulle wil ook graag inskakel by ons 'Hou-op-Rook'-program.  Ons het ook betekenisvolle bewusmaking gedoen ten opsigte van Mansgesondheid en Gesonde Lewenstyl en kon die dag afsluit met die wete dat die publiek van Moorreesburg aan 'n goeie dosis KANSA-gesondheidsinligting blootgestel was.

Ons bedank die eienaars van Spar Moorreesburg vir hulle goeie gesindheid en beskikbaarstelling van hulle perseel.  Ons is opgewonde oor julle voorneme om ons in die toekoms verder te ondersteun en voorsien dat ons baie opwindende geleenthede met julle medewerking sal kan aanbied.

Indien jy belangstel om 'n verskil in jou eie gemeenskap te maak, skakel ons gerus. Daar is nog soveel om te doen en jou hulp sal goed aangewend kan word!

Navrae KANSA:

Lisna Hugo
Tel.:022-482 1111
Epos: lhugo@cansa.org.za