CANSA

Sanlam Kanker Uitdaagreeks-Malmesbury

Posted 11 June 2012

Malmesbury Gholfklub het Saterdag,  12 Mei 2012, hul jaarlikse Sanlam Kanker Uitdaagkompetisie aangebied. Hierdie is 'n landswye gholfkompetisie wat Sanlam (hoofborg) en KANSA reeds 19 jaar gelede in vennootskap begin het en waaraan tans meer as 40 000 spelers en sowat 800 gholfklubs jaarliks deelneem. Lees meer oor die jaarlikse Sanlam Kanker Uitdaagreeks...

Op hierdie dag in Malmesbury het 98 Spelers deelgeneem, waarvan 11 vroue was.   Die kompetisie was straf en goeie gholf  is gespeel. Die bekende sanger en vermaaklikheidspersoonlikheid, Wicus van der Merwe, was een van die spelers en het ook die aand as gas opgetree.  Danksy die entoesiastiese ondersteuning van deelnemers en belangstellendes is R6110.00 om die gesondheidsdienste wat KANSA in die omgewing aanbied, te ondersteun.

Reynaud Michaux, Sanlam verteenwoordiger, Hester Smit (KANSA) (sien foto) en Trudy Schwenk (KANSA vrywilliger) het na die welsyn van die spelers omgesien, terwyl 'n KANSA uitstalling met baie vars vrugte terwyl die manne verder ook ingelig is ten opsigte van gesonde leefstyl-keuses. Produkte wat kwalifiseer vir KANSA se Seël van Goedkeuring (CANSA Seal of Recognition) (sien foto) is ook ten toon gestel en die publiek is aangemoedig om op die uitkyk te wees vir hierdie produkte wat deel vorm van KANSA se 'Smart Choices' program.

Ons bedank die spelers, die gholfklub en die borg vir julle jaarlikse ondersteuning en wens die wenners alles van die beste toe in die volgende uitspeelrondtes.

Navrae KANSA: 

Hester Smit
Tel.: 022-482 1111
Epos: hsmit@cansa.org.za