Take Action
Latest News
e.tv joins fight against cancer
Aug 1, 2012
What CANSA's Holistic Care & Support has meant to YOU
Jul 30, 2012
Partnerships Strengthen CANSA’s Life-Saving Work
Jul 26, 2012
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) gee reeds vir 80 jaar om vir mense met kanker en het in dié tyd ontelbare lewens verander – alles te danke aan sorgsame vrywilligers en personeel wat soos een groot familie saamspan teen kanker. As deel van Nasionale Kankerweek (1 – 7 Augustus 2011) word daar met die tema ‘KANSA Gee Om’ gewys hoe KANSA vir mense omgee en ondersteun.
KANSA het, net soos die Suid-Afrikaanse gemeenskap, die afgelope 80 jaar baie veranderinge ondergaan. Deur tred te hou met die veranderings in beide die nasionale en internasionale kankergemeenskappe, het KANSA die huidige toenemende behoefte van die algemene publiek en kankeroorwinnaars vir ‘n meer holistiese ondersteuningsorg program geidentifiseer.
"Vandag moedig KANSA kankeroorwinnaars aan om voluit te leef en om hulself as kankeroorwinnaars te beskou, selfs al is hulle eers onlangs gediagnoseer, " sê KANSA se HUB en kankeroowinnaar van meer as 27 jaar, Sue Janse van Rensburg. Dit het aanleiding gegee tot die konsep van ‘n KANSA Sorg Sentrum waar daar gefokus word op sorg- en ondersteuningsprogramme vir mense met kanker. KANSA se meer as 50 Sorg Sentrums landwyd bied holistiese sorg aan kankeroorwinnaars en hul geliefdes deur voorkomings-, vroeë opsporing-, en ondersteuningsprogramme.
Die KANSA Sorg Sentrum benadering neem ook in ag dat elke persoon anders reageer by die aanhoor van die woorde "Jy het kanker". Kankeroorwinnaars word dus evalueer met die oog op die beste oplossing vir hul besondere probleme, ook om hul op te lei om die newe-effekte en die komplikasies voortspruitend uit hul behandeling te hanteer, asook holistiese ondersteuning op die fisiese, geestelike en emosionele vlak te bied.
"Ons weet hoe vreesaanjaend en spanningsvol 'n kankerdiagnose kan wees. Dis hoekom ons KankerSorg Hanteringsgids (2 audio CD’s) so waardevol is vir enigeen wat onlangs met kanker gediagnoseer is," verduidelik Janse van Rensburg. Dit bevat inligting en praktiese wenke om fisiese, emosionele en geestelike welvaart te bevorder, vóór en tydens behandeling – kortliks, dit help jou en jou geliefdes om kanker beter te kan hanteer.
Die Suid-Afrikaanse publiek het ook die geleetheid om te wys dat hulle omgee deur aan die vierde jaarlikse 'Angels Walking for Cancer' deel te neem. Dit is 'n fondsinsamelings-inisiatief waar mense aangemoedig word om geld in te samel en aan ‘n staptog deel te neem ten bate van die stryd teen kanker. KANSA se eie kinderprogram (‘Tough Living with Cancer’), ook genoem KANSA TLC, is 2011 se begunstigde. Daar word verwag dat bykans 5 000 mense op 7 Augustus by die Johannesburg Dieretuin aan hierdie geleentheid gaan deelneem. Lees verder...
KANSA het die afgelope jaar...KANSA bied 'n uniek, geïntegreerde diens aan die publiek en aan almal wat deur kanker geraak is. As die leidende rolspeler in kankernavorsing (R5 miljoen word jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis deur ons navorsing opgedoen, aangewend om ons gesondheidsprogramme te rig en ons waghondfunksie tot groter voordeel van die publiek te versterk.
Ons verreikende gesondheidsprogramme sluit in die voorkomings- en opleidingsprogramme, pasiëntsorg en –ondersteuning deur die 13 KANSA Care Lodges in die groot metropolitaanse gebiede en een Hospitium (in Polokwane) vir plattelandse kankerpasiënte. KANSA Sorg Sentrums wat stoma- en limfedeemklinieke insluit, mediese toerustinghuur, asook die tolvrylyn en ondersteuning aan kinders en hulle gesinne wat deur kanker geraak is.
Navrae KANSAVir verdere inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Uitvoerende Bestuurder: Bemarking en Kommunikasie by KANSA of e-pos: lbalona@cansa.org.za, skakel 011 616 7662 of selfoon: 082 459 5230 of skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22, of e-pos: info@cansa.org.za
e.tv joins fight against cancer
Aug 1, 2012
What CANSA's Holistic Care & Support has meant to YOU
Jul 30, 2012
Partnerships Strengthen CANSA’s Life-Saving Work
Jul 26, 2012
Login or Sign Up for free to comment.